Polariserend en schaamteloos wij/zij

Overlevingsstrategie van het Afrikanervolk: deel 2

Onze Zuid-Afrika-correspondent Peter Murray is bezorgd om het voortbestaan van de Afrikaners en zoekt in een overzichtelijke reeks artikels naar een oplossing op termijn om de blanke bevolking – die nota bene Zuid-Afrika heeft groot gemaakt – te ‘redden’. De komende dagen delen wij deze bedenkingen met u. We gaan ze niet vertalen uit het Afrikaans. Veel leesplezier!

Lees hier deel 1.

100pb

HISTORIES – deel 1

As mens na die geskiedenis van die Afrikanervolk (of Boerevolk, as u ons so wil noem) kyk, moet ‘n mens dit in tydperke opdeel. Die eerste 50 jaar was die moeilikste tydperk, toe ons volk nog nie amptelik bestaan het nie, maar uit verskillende groepe, wat uit verskillende lande in Europa gekom het.

Soos die meeste lesers seker weet; die eerste witmense wat hulle – as groep – in Suid-Afrika kom vestig het, was die Hollanders. Hulle was egter nie 100% net Hollanders nie.  Daar was immigrante uit buurlande van Nederland, soos Duitsers en Skandinaweërs, wat as Nederlandse burgers na Suid-Afrika gekom het.

In 1688 het ons die Franse Hugenote in ons land verwelkom. Hulle was protestantse vlugtelinge wat deur die katolieke in Europa vervolg is. Omdat hulle uitstekende landbouers was, is hulle met ope arms in die Wes-Kaap, veral in die bergagtige Boland, verwelkom.  Alhoewel die Hugenote uit slegs ‘n paar honderd individue bestaan het, was hulle vrugbaar en het vinniger as die Hollanders vermeerder.  Vandag kan ons aanvaar dat die gemiddelde Afrikaner uit 20% Nederlandse, 20% Duitse, en 20% Franse bloed bestaan.  Die ander 40% bestaan uit ‘n verskeidenheid – soos die Skotte, Skandinaweërs, Portugese, Italiaanse, Oostenrykse, Switserse, en ander Wes-Europese volke.

Die 18de eeu (1700) het ook uit uiteenlopende gebeurtenisse bestaan, waarin die Afrikanervolk verder tot ‘n hegte eenheid gegroei het. Onaangenaamhede in die Kaap, wat deels deur die onwrikbaarheid van die VOC (Vereenigd Oost-Indische Compagne), en deels deur die verskille in kultuur van die verskillende Europese volke veroorsaak is, het sommige Kapenaars laat polariseer. Dit was vereal die owerhede in Amsterdam, wat blykbaar niks in die Kapenaars se arbeidsprobleme belanggestel het nie. Eers nadat vele pleidooie vanuit die Kaap aan die VOC in Nederland gerig is, en nadat die VOC agtergekom het dat vordering – om ‘n suksesvolle halfwegstasie tussen Europa en Indië te vestig – te stadig was, is daar besluit om slawe na die Kaap te stuur.  Die meeste Kapenaars was egter nie daarmee tevrede nie.  Hulle het die VOC telke male gesmeek om geskoolde hulp uit Europa te stuur, maar dit sou blykbaar vir die VOC té veel gekos het.  Mense soos die Hugenote, was in-elk-geval, om godsdienstige redes, nie gelukkig om van slawe-arbeid gebruik te maak nie.

Kapenaars het mettertyd die onmiddelike omgewing van Tafelbaai (vandag Kaapstad) verlaat en hulle in die binneland gaan vestig.

Op Dinsdag 7 November 1497 het die Portugese seevaarder, Vasco Da Gama, die omgewing van St Helenabaai in sig gekry, en daar anker gegooi. Swartmense kan maar raas en betoog dat die Afrikaner hul land gesteel het – die geskiedenis bewys dat dit nie die geval is nie.  Die Portugese het wel nie permanent in Suid-Afrika kom woon nie, maar hulle het die kusroetes reeds in die 15de eeu verken, en geen swartes gewaar nie.

bartolomeudias

Bartholomeu Dias op een postzegel.

Bartholomeu Dias het 10 jaar vantevore die Weskus (weens onweer) gemis, en het later – op 3 Februarie 1488 – Mosselbaai ontdek, waar hy probeer het om met die Xhoi handel te dryf. Weereens was daar geen tekens van die bestaan van swartmense nie.

Dias het Mosselbaai “Cabo de Santa Blaiza genoem; en Da Gama het St Helenabaai “Santa Elena” genoem.  So kan ons Mosselbaai en St Helenabaai beskou as die twee eerste plekke in Suid-Afrika waar blanke Europeërs voet aan wal gesit het.  As enigiemand dus aanspraak op enige grond aan die Wes-Kaapse kusgebied kan maak, sal dit eerstens die verskillende Xhoi-stamme wees, en daarna die Portugese.

Wat die Afrikaners betref; diegene wat nie tevrede was om langer in die onmiddelike omgewing van Kaapstad te woon nie, en wat nie oor die Bolandse berge kon trek nie, het noordwaarts en ooswaarts getrek, op soek na weiveld vir hul vee, aangesien die meeste van hulle veeboere was.

So was daar die Sandvelders, wat noordwaarts getrek het, en die Swellendammers, wat ooswaarts getrek het.

In teenstelling met die vrugte-, groente-, en wynboere van die Boland en die Kaapse vlakte, het dit nie goed met die graanboere gegaan nie.  Graan kon veel goedkoper uit Indië ingevoer word, en “buitendien was die plaaslike graan van lae gehalte”, was die VOC se kommentaar.

Ook met die veehandel het dit sleg gegaan.  Die Xhoi was geen goeie handelsvennote nie.  Hulle was onbetroubaar, lui, skelm, en hul getalle het (weens die kwaai griep-epidemie in die Kaap) geweldig afgeneem.  Ook hul veekuddes was min in getal, en van ‘n swak gehalte.  Buitendien is een van die Nederlandse veewagters in ‘n hinderlaag vermoor, en byna al die vee van die Europeërs is weggevoer.

Vars vrugte en groente, en skoon drinkwater kon wel aan die verbyvarende skepe voorsien word, maar vars vleis en goeie gehalte graan was skaars.  Dit het die graanboere genoop om verder die binneland in te trek, en hulle hoofsaaklik op veeboerdery in te stel.  Graan is in groot voorrade uit Indië ingevoer, maar vars vleis was ‘n probleem.

Die Xhoi het ook baie probleme onder mekaar gehad.  Van ‘n hegte stameenheid, wat moes sorg dat vyandelike groepe verjaag kon word, was daar geen sprake nie.  En, met dié dat die verskillende Hottentotstamme nou almal verdeeld was, en hul getalle min, het die San (of Boesmans) – wat in die berge gewoon het – gereeld strooptogte op die swerwende Hottentotte uitgevoer, en al hul vee gesteel.  Dit het tot gevolg gehad dat die oorblywende stamme al hoe verder weg van Tafelbaai getrek het.

Met al die probleme onder die Xhoi (Hottentotte) en die San (Boesmans), en die feit dat die Kaap dringend vars vleis benodig het, is die streng reëls van die Kompanjie (VOC) verslap, en kon die burgers vroeg in die 18de eeu die kolkoniale grense oorskrei, en weiveld verder noord gaan beset. Dele soos die Verlorenvlei, Piketberg, Bergrivier, Groenkloof, Dassenberg, Soutrivier, Swartland, Klein-Bergrivier, en Vier-en-twintig-riviere, is aan besitlose vryburgers toegestaan om te gaan boer.  Tot in 1713 is weilisensies gratis uitgedeel.

ak

De aankomst van Jan van Riebeeck aan de Tafelbaai.

Van die bekendste name onder die vryburgers wat noord van Tafelbaai gaan boer het, was: Dirk Coetzee; Gert Visser; Theunis van Schalkwyk; Willem van Zijl;  Floris Slabbert; en Gerrit Cloete; en nog vele ander.  Omdat sommige van hierdie mense die wêreld goed geken het, was die aanpassing nie groot nie.  Daar was van hierdie boere wat reeds in die tyd van Simon van der Stell – nog voordat die Franse Hugenote in 1688 na die Kaap gekom het – grootwildjagters was.  Dirk Coetzee was seker dié bekendste jagter, en het tot sover as die Grootrivier (vandag Oranjerivier, of Garieprivier genoem) met sy jagekspidisies gevorder.

Verlof is aan hierdie jagters toegestaan om “een vraght Elands vleesch, Hartebeesten vleesch, Renoster vleesch, en Zeekoe spek” vir huishoudelike gebruik aan die Kompanjie te lewer. Dit was dus geen verrassing toe die Kompanjie besluit het om veeposhouderlisensies aan hierdie jagters langs die hele Benede-Bergrivier, asook die bo-lope van die Verlorenvlei, toegeken het nie.

In April 1706 (met die skrywe van hierdie artikel was dit presies 310 jaar gelede) het Heemraad Dirk Coetzee, eienaar van die landgoed Coetsenburg, Stellenbosch, die eerste landbouer geword om aan die Bergrivier, net suid van die Piketberg, ‘n veepos te kon kry.  Die naam van die veepos was “De Zand Drift”. Sy seun Jacob Coetzee het die veepos beman.

Die Sandveld, soos die gebied ten noorde van die Swartland bekend sou word, het mettertyd baie gewild onder die Vryburgers en die Kompanjie-amptenare geword.

In 1713 het die gevreesde pokke-epidemie in die Kaap uitgebreek en feitlik die hele Hottentot-gemeenskap uitgewis. In die omgewing van St Helenabaai was daar geen Hottentotte, en geen Boesmans te sien nie, en het dit blanke gebied geword.  (Terloops; die eerste moord op ‘n Franse Hugenoot deur ‘n Hottentot, het op 29 Maart 1689 naby Saldanhabaai plaasgevind.  Charles Marais, stamvader van die familie Marais in Suid-Afrika, is deur ‘n Hottentot aangerand.  Charles het op 3 April 1689 aan sy wonde beswyk.  Skrywer is ‘n afstammeling van Charles Marais).

Interessant om te weet; wanneer die owerhede ‘n leenplaas aan ‘n voornemende boer moes toeken, was dit die plig van die boer om sy plaas self af te meet. Dit is gedoen deurdat die eienaar self, met sy ryperd, vir een uur lank, oorkruis oor die stuk grond op sy perd moes ry. Dit was ongeveer gelykstaande aan 3 000 Kaapse morg, of 1 500 roede. In vlaktes was die Sandveldse plase sirkelvormig.

* Daar kan rofweg aanvaar word, dat die eerste ontwikkeling van die Sandveld deur Europese immigrante, tussen 1659 en 1813 plaasgevind het.

Op 1 Februarie 1659 het ‘n reisgeselskap van 8 vrywilligers, onder aanvoering van Christiaan Janssen van Hoesem, ‘n reis oor land – en te voet – onderneem, om die land van “goud en paarls” (die land Monomotapo) te besoek. Die bestaan van hierdie “rykdomme”, is deur die Hottentottin, Eva, aan Jan van Riebeeck bekendgemaak.  Monomotapa het nooit regtig bestaan nie, maar was slegs denkbeeldig.

Die eerste ekspidisie na die noorde, was rampspoedig. Een van die pakosse het gevrek, en die Bergrivier was te diep om oor te steek.  Na 8 dae was die ekspidisielede almal terug by die Fort in Tafelbaai. Gelukkig is hul ervaringe deeglik opgeteken, en kon daar op hul ervaring voortgebou word.

Die tweede ekspidisie was in 1660 onder aanvoering van Jan Danckaert, wat op 11 November uit die Kaap vertrek het. Hulle het die Nuwekloof, Paardeberg, Klein-Bergrivier, Vier-en-twintigriviere, en Piekenierskloof ontdek.

Getagd als: , ,

3 Reacties

  1. De schilderij is een misleiding, negers waren er toen nog niet, alleen Bosjesmannen, in de Klahari en Hottentotten inde Namib woestijn.Die zijn veeeeeeeeeeeeeeeelemale kleiner als de Hollanders.

  2. Niet alleen groot gemaakt maar ook als eerste volk Zuid AFRIKA BEVOLKT, VOOR DAT DE NEGERS DIE DOOR DE BRITTEN ZIJN INGEVOERD VOOR HUN MEINEN,En de Zulu’s hebben de Boeren eerst ont moet toen ze naar het noorden voor de britten vluchten moeten, in de Draken gebergte.De Boshes mannen en de Hooentotten waren de bewoners van de woestijnen Kalahari in het Oosten en Namib woestijn in het westen met ze konten de boeren uitstekend leven.

    • Geachte, aangezien u pretendeert alles evengoed of zelfs beter te weten dan Peter Murray, stel ik voor dat u zelf het vervolg schrijft van de geschiedenis van de Afrikaners.
      Als ik u goed begrijp heeft Jan van Riebeeck bij zijn aankomst aan de Kaap geen inlanders ontmoet omdat Khoi en San daar ver vandaan leefden.
      Misschien zou het voor u nuttig zijn de dagboeken en verslagen van Jan van Riebeeck eens te lezen?

%d bloggers liken dit: